Ontdek die verskillende bedieninge van Lewende Woord Westerlig. Elke bediening dra by tot die groei en ondersteuning van ons gemeente.

Leer die Woord saam met ons — ons Woordskool is ontwerp om jou geloof te versterk en jou kennis van die Bybel te verdiep.

Waar ware gemeenskap en groei plaasvind. Sluit aan by ’n groep naby jou en ervaar familie-wees.

’n Reis van geloof waar ons saam deur die Woord stap en groei in Sy genade. Elke week ontdek ons iets nuuts uit God se Woord. 🌿
Ons Uitreike-bediening is die hartklop van ons gemeente — waar ons die liefde van Christus uitdra na die gemeenskap en verder. Elke uitstappie is ’n kans om hoop te bring en mense te bedien in praktyk en waarheid.


Saam bid ons vir ons gemeente, stad en nasie — kragtige gebed verander dinge!

Ons is hier om te help — of jy begeleiding, gebed of raad nodig het. Ons ondersteuningspan is gereed om saam met jou te bid en te gesels.