Lewende Woord Westerlig Logo

Lewende Woord Westerlig

Sending na Zambia

Die stigter van World Vision, Bob Pierce, het gesê: “Let my heart be broken with the things that break God’s heart.” Lewende Woord Westerlig Sending reik oor ons landsgrense uit na Zambië en Malawi. Hoewel ons nie permanent in die veld is nie, ondersteun ons deur die jaar plaaslike pastore, kleuterskoolonderwysers en gemeenskapswerkers met opleiding, opbouing en gebed.

Ons werk saam met Judea Harvest, ’n organisasie wat in 33 Afrika-lande werksaam is. Jaarliks mobiliseer ons vrywilligers uit die Westerlig-gemeente om vir ’n week of twee saam met bestaande gemeentes en netwerke te dien — ’n pad wat ons al nege jaar saam stap. Hierdie korttermyn-uitreike bied broodnodige ondersteuning en bemoediging aan plaaslike werkers wat dikwels met groot uitdagings worstel.

“Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.” — Jesaja 6:8

As “stuur”-gemeente sien ons hoe Westerlig en sy gemeentelede ’n tasbare verskil maak — deur gebed, finansiële bydraes en skenkings. Elke keer wat ons uitstap, ervaar ons weer dat God werklik ’n God van nabyheid is — Hy maak ’n pad waar daar geen pad is nie.

Ons almal het iets om te gee. Saam, deur Christus, word dit moontlik. Wil jy nie ook deel word hiervan nie? Wees geseënd,

Herman & Althea

Gallery image